Tuesday, May 31, 2011

'N Nuwe tipe verhouding

Vir 2 mense se verhouding om nie uit te werk nie is normaal. Ek weet dat dit soms voel asof dit onnodig en onnatuurlik is om te skei, moet jy weet dat dit nie die einde van die wereld is nie, mits jy dit reg hanteer. Alhoewel jy voel asof die die einde van n verhouding is, is dit, as daar kinders betrokke is, die begin van n nuwe verhouding, n vennootskap ter wille van die kinders en hulle lewens verder.

Baie mense dink en glo dat kinders klein grootmensies is, maar hulle bly kinders met dieselfde behoeftes as kinders wat grootword in n "normale" huisgesin. Hoe beter jy jou verhouding met jou eks kan maak, hoe meer normaal gaan die transisie en verandering vir jou kinders wees.

Wat ookal gebeur het, en hoe jy ookal jou eks haat of hy of sy jou haat – julle moet daaroor kom, wat dit ookal is, en gou ook. Die lewe is nie regverdig of maklik nie, so doen wat ookal gedoen moet word.

Ons weet dat julle nie van mekaar meer hou soos altyd nie, anders sou julle nog bymekaar gewees het.

Vergewe jou eks, al vat dit tyd, programmeer solank sommer onmiddelik dat jy dit wil doen. Dit is natuurlik nie maklik nie, maar hoe gouer jy dit doen, hoe beter vir almal. Aanvaar wat gebeur het en maak vrede daarmee

Hou op om op die verlede te fokus, fokus hier en nou.

Hou op met die negatiewe emosies en gedagtes wat jy laat broei in jou hart.

Jy skep jou eie geluk en niemand anders nie. Vergewe jouself.

JULLE IS DIE GROOTMENSE – DIT GAAN OOR JOU KINDERS!

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sunday, May 29, 2011

Die Begin

'N Enkelouer is n ouer wat permenent (as gevolg van die dood van n ouermaat) of tydelik (as gevolg van egskeiding) verantwoordelikheid vir die opvoeding van kinders aanvaar.

Ek probeer deur hierdie blog praktiese idees weergee deur ondervinding en kennis wat hopelik kan help met hierdie wonderlike werk wat aan ons gegee is.

As enkelouer moet jy verstaan dat jy jou in n nuwe situasie bevind. En soos enige verandering in omstandighede, het ons twee keuses, en dit is om of die hele tyd die slagoffer te speel en jouself jammer te kry oor wat gebeur het, of jy kan aanpas en te midde van omstandighede die beste te doen wat jy kan.

Die begin is natuurlik in jouself. Ek sien soveel mense in die situasie wat so besig is om hulleself jammer te kry of om hullself te kasty oor wat gebeur het, dat hulle geen positiewe bydrae tot hulle kinders se lewens kan maak nie.

Ander het so ingetrek geraak in hulle situasie dat hulle hele bestaan oor blaam gaan, want dit laat hulle beter oor hullself voel.

Ek misken geheel en al nie die realiteit van pyn en gemis nie. Ek dink dat dit belangrik word om te groei en te fokus op jou kinders. Jy kan niks vir jou kinders beteken as jy nie gesond is nie.

Gaan sien 'n sielkundige, gaan BAIE kerktoe, kyk na jou lewe.

Baie keer moet ons besef dat 'n egskeiding ons 'n tweede kans op die lewe gee. Ondersoek jou basis en die waardes waarop jy jou lewe gaan bou. Iemand het een keer gese, om net te skei gee jou die gevoel asof jy weer 'n student is.

Sommige van ons doen dit verkeerd en dink dat dit beteken ons kan net doen wat ons wil, ons is vry. Dit beteken eintlik dat jy moet oplet en moet leer. Lees baie en verdiep jou kennis, en moenie jou bybel vergeet nie.

Belangrik ook is om te besef dat Godsdiens in alle mense se lewens 'n groot rol moet speel, ook in die lewe van jou kinders. Bid vir jou kinders, bid vir jouself, lees jou bybel en bou jou nuwe lewe op die regte waardes en idees.

Hou dus op met die blaam, skuldgevoelens en uisprake soos "Jy ken nie my eks nie". Moenie wag vir jou eks om dinge reg te doen nie, en dit is geen verskoning vir jou om nie die dinge reg te doen nie. As jy teen 'n muur vasloop, onthou…

JULLE IS DIE GROOTMENSE – DIT GAAN OOR JOU KINDERS!


Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!