Tuesday, June 7, 2011

Big Brother speel

Daar is tendens by mense, dalk omdat ons baie CSI kyk, dat ons mense wil uitvang. Ons hoor verskriklike stories ook van mishandeling deur kinders wat ons bang maak.

Ek weet dat 2 mense wat saam kinders het en dan opbreek oor welke rede ookal, onlosmaaklik deel van mekaar se lewens bly. Dit is belangrik dat jy jou eks moet vertrou om hulle eie lewens te leef en wel seker te maak dat jou kinders veilig en versorg is as hulle nie by jou is nie.

Jy moet dit egter geballanseerd doen en nie "big brother" speel nie. Ongelukkig het ons nie beheer oor ander mense se lewens nie, maar ons motiewe moet suiwer wees.

Moenie spioeneer op jou eks en hulle probeer uitvang nie. Moenie omgee waar hulle gaan en wat hulle doen nie, hulle moet self verantwoordelikheid vir hulle lewens neem.

Moenie die kinders uitvra oor of die tannie wat saterdag kom rugby kyk het by pappa in die kamer geslaap het nie. Jy plaas jou vennootskap rondom jou ouerskap in gedrang, want julle is geskei.

Jy plaas jou kinders ook onder die spanning dat hulle nou iemand moet beskerm of stories aandra. Jy dwing hulle om kant te kies.

As hulle jou vanself vertel, luister aandagtig al maak dit seer, en stel hulle gerus dat dit OK is met jou (hoe seer dit jou ookal maak).

As daar natuurlik aaklige goeters gebeur, dan moet jy optree. Maar jou kinders gaan nie vir jou vertel as jy elke keer emosioneel optree en kwaad word nie.

Bespreek dit kalm met jou kinders, en moet hulle nooit in die middel plaas en emosioneel verantwoordelik maak vir iets wat hulle lewens beinvloed nie. Dit is ook vir hulle 'n aanpassing in hulle nuwe lewe, en wees ook versigtig vir stories oor die nuwe tannie wat saam met pappa kuier.

Kinders wil altyd he dat hulle ouers weer bymekaar moet uitkom, en jou uitvra, agterdog en jaloesie gaan hulle breek.

JULLE IS DIE GROOTMENSE – DIT GAAN OOR JOU KINDERS!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Monday, June 6, 2011

Kinders is nie n wapen nie

Moenie jou kinders as 'n afdreigmiddel gebruik nie. Dit is kinderagtig.

Mense doen dit omdat hulle onvolwasse is en seer het. Jy bereik net 2 dinge daarmee, jou kinders kry seer en dit is nie bydraend tot die werkverhouding wat jy met jou eks wil skep nie.

Ek het nooit gemeld dat dit maklik gaan wees nie, maar ons manipuleer die situasie om ons te pas, terwyl dit tot ekstra spanning lei. As jy van buite kyk na mense wat dit doen, sal jy verstaan hoe totaal onproduktief dit is.

Ons doelwit met opvoeding is dat kinders n sorgelose lewe moet he. Dit gaan oor die kinders en nie julle 2 se eie ego's nie. Julle is die volwassenes in die verhouding.

Kinders het die reg om 'n verhouding met beide ouerpare te vestig.

JULLE IS DIE GROOTMENSE – DIT GAAN OOR JOU KINDERS!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Fw: Vergiffenis

Na aanleiding van my ander blogs, het baie mense redelike vrae gehad oor vergiffenis.

Die eerste punt wat ek wil maak is dat dit baie moeilik is om te vergewe. Veral omdat mense dinge aan ons doen, direk of indirek, wat ons emosioneel wond.

Ons sukkel dan om te vergewe, want die seer bly by ons.

Ek dink dat ons leef volgens die filosofie van verdienste. Ons glo dat mense respek en liefde moet verdien. In die film "Entrapment" is daar n goeie aanhaling wat dit opsom: "first we do, and then we trust". So wil ons ook dat mense moet verdien, eers iets moet doen voordat ons reageer met liefde, vertroue en ook vergiffenis.

Vergiffenis is egter die moeilike van die 3, want dit sluit ook vergeet in.
Jesus het n totaal nuwe konsep in die Nuwe Testament kom leer. Totale vergiffenis en vergeet. Selfs aan die kruis se Hy: "Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie".
In hierdie woorde is daar belangrike geheime van vergiffenis.

1. Vergiffenis kom uit jouself. Jy besluit om te vergewe sonder dat iemand dit verdien. Jy doen dit vir jouself, en nie vir iemand anders nie. Jesus het op n nuwe manier na mense gekyk.

2. Mense wat self sondig is moet nie klippe gooi nie. Ons almal doen baie dinge elke dag verkeerd, en ons loop met balke in ons oe, en oordeel die met die splinters in hulle oe. Daar is nie skale van erger en minder erg nie. Jy vergewe omdat jy ook nie volmaak is nie, en wie is jy om oordeel te fel oor ander? Selfs jy weet ook nie altyd hoeveel seer jy ander aandoen of gedoen het nie.

3. Jy en mense vir wie jy kwaad is, doen soms dinge wat nie daarop gemik is om jou seer te maak nie. Mense dink, doen en sien die lewe verskillend, en heel moontlik het hulle redes hoekom hulle dinge doen wat nie geheel en al gerig was op jou verwoesting nie.
In die "four agreements" is twee van die punte vir geluk dat jy nie alles persoonlik moet opneem nie en ook nie aannames moet maak nie.
Daar is dalk omstandighede waar jy voel dat dit met voorbedagte rade is dat iemand iets gedoen het, maar in genade kan en moet ons besef dat dit hulle realiteit is wat tot hierdie aksie gelei het. Dalk het jy ook n rol gespeel in die oorsprong van die aksie.

Wees dus genadig met mense en met mense, want elkeen leef in hulle eie realiteit en redes. Jy self is nie onberispelik nie, so jy kan en mag nie oordeel nie.

4. Vergiffenis gaan nie net oor die ander persoon nie, dit handel oor JOU. Deur ander te vergewe beteken meer vir jou, want jy spreek jouself vry, en laat nie meer toe dat wat gebeur het jou elke dag en die res van jou lewe affekteer nie. As jy dit nie doen nie, gee jy die mag aan die insident om jou elke liewe dag te pynig. Stel jouself vry.

5. Mense wil ook nie vergewe nie, aangesien hulle voel dat vergiffenis die "swartskaap" die idee gee dat wat hulle gedoen het reg en aanvaarbaar was. Ons vergewe nie, want ons wil nie he dat hulle moet "wegkom" nie, maar moet swaarkry.

Ek het vir jou nuus, dis jy wat swaarkry en nie wegkom nie. Die ander persoon het reeds "weggekom". Dit le vir hulle in die verlede, maar jy dra dit elke dag saam.

Dit is belangrik om nie daarom te dink dat ons kan doen wat ons wil of ander kan toelaat om te doen wat hulle wil nie. Daar is natuurlik altyd balans.

Moeder Theresa het dit so opgesom: "You will try to do good, and people will throw it back in your face, but that is no reason to stop doing good"

Daar is nie plek vir "revenge" in die wereld nie. Jy maak die lewe net erger vir jouself as jy genot vind in ander wat jou seergemaak het se ongeluk. Oorwin jouself en jou kinderagtig "kierinkies braai" filosofie, en vergewe in die voorbeeld van God en Jesus deur nooit weer daaraan te dink nie.

Vergewe en Vergeet is die oorwinning, anders bly jy n slaaf van jou wrokke en woede.

Gaan leef n vrye gelukkig dag!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!