Daar is tendens by mense, dalk omdat ons baie CSI kyk, dat ons mense wil uitvang. Ons hoor verskriklike stories ook van mishandeling deur kinders wat ons bang maak.
Ek weet dat 2 mense wat saam kinders het en dan opbreek oor welke rede ookal, onlosmaaklik deel van mekaar se lewens bly. Dit is belangrik dat jy jou eks moet vertrou om hulle eie lewens te leef en wel seker te maak dat jou kinders veilig en versorg is as hulle nie by jou is nie.
Jy moet dit egter geballanseerd doen en nie "big brother" speel nie. Ongelukkig het ons nie beheer oor ander mense se lewens nie, maar ons motiewe moet suiwer wees.
Moenie spioeneer op jou eks en hulle probeer uitvang nie. Moenie omgee waar hulle gaan en wat hulle doen nie, hulle moet self verantwoordelikheid vir hulle lewens neem.
Moenie die kinders uitvra oor of die tannie wat saterdag kom rugby kyk het by pappa in die kamer geslaap het nie. Jy plaas jou vennootskap rondom jou ouerskap in gedrang, want julle is geskei.
Jy plaas jou kinders ook onder die spanning dat hulle nou iemand moet beskerm of stories aandra. Jy dwing hulle om kant te kies.
As hulle jou vanself vertel, luister aandagtig al maak dit seer, en stel hulle gerus dat dit OK is met jou (hoe seer dit jou ookal maak).
As daar natuurlik aaklige goeters gebeur, dan moet jy optree. Maar jou kinders gaan nie vir jou vertel as jy elke keer emosioneel optree en kwaad word nie.
Bespreek dit kalm met jou kinders, en moet hulle nooit in die middel plaas en emosioneel verantwoordelik maak vir iets wat hulle lewens beinvloed nie. Dit is ook vir hulle 'n aanpassing in hulle nuwe lewe, en wees ook versigtig vir stories oor die nuwe tannie wat saam met pappa kuier.
Kinders wil altyd he dat hulle ouers weer bymekaar moet uitkom, en jou uitvra, agterdog en jaloesie gaan hulle breek.
JULLE IS DIE GROOTMENSE – DIT GAAN OOR JOU KINDERS!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!
Hi Deon,
ReplyDeleteWeet nie rerig of jy my kan onthou nie, maar ek was in jou matriek jaar.
Ek werk elke dag met mamma's en pappa's wat kinders gehad het vir een of ander rede, dalk 'n rede van selfsugtigheid, of roekeloosheid,so word hierdie mensies in ons wereld ongevraagd toegelaat.Elke ouer het sy eie agenda, om die ander een terug te kry vir die seer en pyn wat die ander party ervaar,so gebruik ons die mensies wat in ons lewens toe vertrou is om versorg te word.
Die onvoorspelbaarheid van die mens se gedrag kom prominent in die geveg tussen ouers,veral buite egtelike pappa's . Die nuwe Kinderwet is so vir die ongehude pappa herskryf om sy betrokkenheid te noodsaak in die lewe van die mensies, want hy/sy het sy/haar pappa ook so nodig soos sy/haar mamma.
Vandag weer gelees oor attachment teoriee, baie min literatuur beskikbaar oor die pappa attachment.Teorie meerstal gevorm oor die primere versorgers rol "mamma'. Ek glo pappa's kan net sulke goeie primere versorgers wees.
Pappa's moenie moed opgee nie, julle speel 'n ontsaglike deurslaggewende rol in hulle kinders se wereld, ek sien dit elke dag. Op die huidige stadium moet ons die gemeenskap "educate" om hulle persepsies te verander.
Blessings.
Sarie Nell.
Maatskaplike werker in privaat praktyk
www.istherehelpoutthere.com