Vir 2 mense se verhouding om nie uit te werk nie is normaal. Ek weet dat dit soms voel asof dit onnodig en onnatuurlik is om te skei, moet jy weet dat dit nie die einde van die wereld is nie, mits jy dit reg hanteer. Alhoewel jy voel asof die die einde van n verhouding is, is dit, as daar kinders betrokke is, die begin van n nuwe verhouding, n vennootskap ter wille van die kinders en hulle lewens verder.
Baie mense dink en glo dat kinders klein grootmensies is, maar hulle bly kinders met dieselfde behoeftes as kinders wat grootword in n "normale" huisgesin. Hoe beter jy jou verhouding met jou eks kan maak, hoe meer normaal gaan die transisie en verandering vir jou kinders wees.
Wat ookal gebeur het, en hoe jy ookal jou eks haat of hy of sy jou haat – julle moet daaroor kom, wat dit ookal is, en gou ook. Die lewe is nie regverdig of maklik nie, so doen wat ookal gedoen moet word.
Ons weet dat julle nie van mekaar meer hou soos altyd nie, anders sou julle nog bymekaar gewees het.
Vergewe jou eks, al vat dit tyd, programmeer solank sommer onmiddelik dat jy dit wil doen. Dit is natuurlik nie maklik nie, maar hoe gouer jy dit doen, hoe beter vir almal. Aanvaar wat gebeur het en maak vrede daarmee
Hou op om op die verlede te fokus, fokus hier en nou.
Hou op met die negatiewe emosies en gedagtes wat jy laat broei in jou hart.
Jy skep jou eie geluk en niemand anders nie. Vergewe jouself.
JULLE IS DIE GROOTMENSE – DIT GAAN OOR JOU KINDERS!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!
No comments:
Post a Comment